Die Springbok-slot RG Snyman het uiteindelik sy terugkeer tot die speelveld gemaak in Munster se dramatiese oorwinning met 49-42 oor Scarlets in Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-stryd.
Snyman is in die 63ste minuut opgestuur vir sy eerste Munster-verskyning sedert Oktober 2021 en die Wêreldbeker-wenner kon die wedstryd voltooi met vyf duikslae en het selfs by die afbreekpunte betrokke geraak.
In ’n opwindende drieëfees van 91 punte, het Munster sewe van die wedstryd se 13 drieë gedruk, hoewel hy so byna ’n reusevoorsprong laat wegglip het.