Die Springbokke sal volgende jaar ’n mini-toer na Nieu-Seeland onderneem om in twee Rugbykampioenskaptoetse teen die All Blacks te speel. Die toetsvelde moet nog bekend gemaak word.
SA Rugby het Donderdag op ’n virtuele vergadering van sy hoofraad ook bekend gemaak dat die Wêreldbekerkampioen in 2021 in twee tuistoetse in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies sal speel. Teen die Argentynse Poemas sal die Bokke tuis én weg speel.
Die Wallabies sal in Durban en Johannesburg met die Bokke swaarde kruis.