Stormers sukkel met gelapte voorspelers

akkreditasie
Die Stormers-haker Bongi Mbonambi strek gister oor die Sunwolves-doellyn vir sy drie. Foto: jaco marais
Die Stormers-haker Bongi Mbonambi strek gister oor die Sunwolves-doellyn vir sy drie. Foto: jaco marais

Die Stormers kon gisteraand in ’n slordige wedstryd teen die Sunwolves nie eens genoeg drieë druk vir ’n bonuspunt nie en moes uiteindelik tevrede wees met 31-18 (rustyd 14-6) in hul Superrugby-wedstryd op Nuweland.

Met ’n gelapte span weens beserings, was dit aanvanklik ’n gespook vir die Stormers om aan die gang te kom, met hul pak voorspelers wat veral gesukkel het om as ’n eenheid te speel. Gewoonlik is die voorkudde van die Kapenaars die platform vir die span se aanvalle, maar gister, veral in die eerste helfte, was dit nie die geval nie.

Verskeie eerstekeuse-spelers word gemis, met veral die inklimspel van die gereelde kaptein Siya Kolisi en die vuurvreter-losvoorspeler Pieter-Steph du Toit wat afwesig was. Hul plaasvervangers het glad nie ’n swak taak verrig in hul afwesigheid nie. Inteendeel, groot dinge word voorspel vir jongelinge soos Johan du Toit en Ernst van Rhyn. Maar die Stormers is net ’n ander span as Kolisi en die ouer Du Toit-broer die dag op die veld is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos