Transformasie misluk. Die stelsel misluk. En vir swart rugbyspelers is dit ’n nagmerrie.
Só glo Chiliboy Ralepelle, ’n voormalige Springbok-haker wat die afgelope week vir agt jaar geskors is nadat hy vir die derde keer positief getoets is vir die gebruik van verbode middels.
Ralepelle hou vol dat hy onskuldig is, en dat daar met sy bloedmonsters gepeuter is.