Pieter-Steph du Toit kan die duurste rugbyspeler ter wêreld word as hy ’n massiewe aanbod van die Franse klub Montpellier aanvaar.
Volgens Rapport se inligting is die Springbokke se ster-flank en 2019 se Wêreldspeler van die Jaar €100 000 (sowat R2 087 000) per maand aangebied om vir drie jaar vir Montpellier te speel.
Du Toit het aan Rapport gesê hy is in gesprekke met sy agent oor wat hom te doen staan tot 14 Mei – die sperdatum vir die grasietydperk van 21 dae wat aan spelers gegee is om hul kontrakte op te sê vir beter aanbiedinge oorsee, nadat daar op salarisverminderinge weens die Covid-19-pandemie ooreengekom is.