Die gedagte van die oud-Wallaby Israel Folau in ’n Bulle-trui op Loftus Versfeld, sal ondersteuners in dié kontrei geesdriftig maak.
So ook was Alfons Meyer, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, baie opgewonde toe iemand in die Folau-kamp onlangs die Bulle se belangstelling getoets het.
“Ek is nie seker of dit Folau se prokureur is nie, maar ’n prokureur het ons genader om te hoor of ons sou belangstel om hom te kontrakteer.