Ierland moes Saterdag in Rome ’n goeie 71 minute spook om ’n hardnekkige Italiaanse rugbyspan te tem.
Die Ierse regtervleuel, Mack Hansen, het ’n tweekuns aan drieë gedruk om sy span te help om Italië met 34-20 in dié Sesnasies-wedstryd te klop.
Met hierdie oorwinning is Andy Farrell (afrigter) se span nou stewig op koers na die Grand Slam-titel.