Jake White sou waarskynlik al ’n kantoor by Loftus Versfeld gehad het, was dit nie vir die koronavirus nie.
Dit is geen geheim meer nie, dié 56-jarige oud-Springbok-afrigter sal eerdaags as die Bulle se nuwe direkteur van rugby onthul word.
Trouens, White het reeds namens die Bulle begin om voelers uit te steek na spelers wat hy vir die unie wil werf.