Kriel, Coetzee ook dalk gou terug op Loftus

akkreditasie
Die Springbok Duane Vermeulen speel in 2021 weer vir die Bulle Superrugby. Foto: Gallo Images
Die Springbok Duane Vermeulen speel in 2021 weer vir die Bulle Superrugby. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se pogings om meer Springbokke terug in die land te kry, gaan veral op Loftus Versfeld soete vrugte afwerp.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, Alfons Meyer, het bevestig dat die unie vlerksleep by die Bok-senter Jesse Kriel en -losvoorspeler Marcell Coetzee. Boonop het die BBM reeds vir Duane Vermeulen oortuig om terug te keer na Loftus. Hy sal vanaf 1 Junie 2020 tot 31 Augustus 2021 terug op die Pretorianers se boeke wees.

“Duane sal volgende jaar weer vir ons Superrugby speel,” het Meyer gesê. 

“Sou dit nodig wees, kan hy dalk ook vanjaar ’n wedstryd of twee in die Curriebeker-reeks speel, maar hy sal waarskynlik eerder in die Bokke se groep vir die Rugbykampioenskap ingesluit word.”

“Rassie (Erasmus) is baie opgewonde om Duane terug te hê en ons sal hom beslis nie ’n swaar werklas gee nie.”

“Ons wil ook graag vir Jesse (wat vir die Canon Eagles in Japan speel) terugbring. Dit hang alles af van hoe die Japanse seisoen lyk, maar dit is iets waarna ons kyk.”

Die Bulle sal binnekort met Coetzee se agent praat om vas te stel of ’n verskuiwing van Ulster, waar hy sedert 2016 speel, na Pretoria moontlik is.

Vermeulen speel op die oomblik vir die Kubota Spears in die Japanse liga. Die Bulle het hom met die hulp van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gekontrakteer met die oog op die 2021-toer van die Britse en Ierse Leeus.

SA Rugby het sowat R60 miljoen tot hul beskikking vir salarisse vir top-spelers. Rapport het berig dat nie net Vermeulen terugkeer nie, maar ook Frans Steyn, wat hom ná die Franse Top14-liga by die Cheetahs gaan aansluit. Albei spelers sal deels uit die Saru-fonds betaal word.

Die R60 miljoen wat Saru vir salarisse opsy sit is volgens Rapport tot onlangs net onder 14 Bokke verdeel, maar ná Erasmus se ingryping trek 92 spelers nou voordeel daaruit.

Erasmus het dié verandering is gemaak omdat die 14-tal minder as die helfte van hul wedstryde by hul onderskeie franchises gewen het. Die kool was dus nie finansieel gesproke die sous werd nie. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos