Tony McKeever, gewese uitvoerende hoof van die Southern Spears, is die dryfveer agter die voorgenome samewerkingsooreenkoms tussen die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) en die Franse klub Stade Francais, het hy Vrydag aan Netwerk24 bevestig.
Boonop is hy tans aan’t borge werf vir die WP en stel hy belang om die Kaapse unie se uitvoerende hoof te word. Daardie posisie is sedert vroeg in 2020 al vakant nadat die vorige uitvoerende hoof, Paul Zacks, bedank het. ’n Advertensie vir dié pos is verlede week op die WP se webtuiste geplaas.
“Ek sal die Stormers graag op ’n trajek wil plaas met hul skuif Europa toe. Ek het destyds die gesprekke om die Southern Kings en Cheetahs se insluiting (in die Pro14-reeks) van stapel gestuur,” het McKeever Vrydag aan Netwerk24 gesê.