Die Cheetahs en Kings kan uit die Pro14-reeks geskop word as Suid-Afrika se vier top-rugby-franchises hulle by ’n vergrote reeks sou aansluit.
’n Ingeligte het die afgelope week aan Rapport gesê dat sou die Stormers, Haaie, Leeus en Bulle deel van die reeks word, die Cheetahs en Kings gevaar loop om hul Pro14-status te verloor. Dié nuwe bedeling kan so vroeg as die 2021-seisoen in werking tree.
As die organiseerders op ’n reeks met 18 deelnemende spanne besluit, sal die Cheetahs en die Kings deel van die nuwe Pro18-reeks wees. As op net 16 spanne besluit word, sal die Cheetahs en die Kings ’n ander rugbyheenkome moet soek.