Wêreldrugby kan in die mees drastiese optrede teen Rassie Erasmus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit om die Bokke van hul oorwinning in die tweede toets teen die Britse Ierse Leeus te stroop.
Sou die beheerliggaam op dié straf besluit deur die tweede toets aan die toerspan toe te ken, sal dit die Bokke van ’n reekssege ontneem.
Hoewel dié scenario onwaarskynlik is, is dit duidelik dat veral die vier Britse tuisunies en Australië Erasmus en SA Rugby se bloed soek ná sy gewraakte video oor die rits flaters wat die Aussie-blaser Nic Berry in die eerste toets begaan het.