Wêreldrugby gaan glo voortaan die loting van Wêreldbeker-toernooie nader aan die afskopdatum doen nadat dié beheerliggaam kritiek gekry het dat dié proses te vroeg geskied.
Die loting vir vanjaar se toernooi in Frankryk is in Desember 2020 reeds gedoen – 13 maande ná die 2019-toernooi in Japan.
Die stand op die wêreldranglys het in daardie stadium meegebring dat Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Engeland en Wallis die nommereen-posisies in die onderskeie groepe gekry het.