Westelike Provinsie Rugby en die Franse klubreus Stade Français is van voorneme om ’n baanbrekende strategiese rugbyverbond tussen hul professionele franchises te smee wat uiteindelik tot handel en toerisme tussen Kaapstad en Parys en Suid-Afrika en Frankryk kan lei.
Die beplande strategiese alliansie sluit ’n jaarlikse vriendskaplike wedstryd tussen die twee professionele spanne van die Stormers en Stade Français in.
Stade Français bied die Stormers ook van vanjaar ’n toegewyde Europese hoofkwartier vir hul Pro16-veldtogte in Skotland, Ierland, Wallis en Italië aan. Daar word verwag dat die Pro16 weens die Covid-19-pandemie tot Oktober uitgestel sal word.