Daar sal beslis nie sprake van aalmoese uitdeel wees wanneer twee Kimberley-buurmanne, die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap, se eerste rugbyspanne Saterdag teen mekaar te staan kom nie.
Daarvoor is daar te veel op die spel. Die wenner van dié kragmeting sal immers die voorreg hê om die volgende jaar te spog dat hy die bobaas van Kimberley is.
Saterdag se wedstryd, wat by Diamantveld beslis word, skop om 13:30 af.