Die jongeling Carlos Alcaraz het homself Vrydag ’n lekker verjaardaggeskenk gegee toe hy Rafael Nadal in ’n wedstryd van Spaanse generasies in Madrid geklop het.
Alcaraz het Donderdag sy 19de verjaardag gevier en besluit ’n eerste oorwinning oor sy kinderheld sal ’n goeie herinnering wees.
Alcaraz het Nadal in die kwarteindronde van die Madrid-Ope met 6-2, 1-6, 6-3 geklop en só ’n afspraak in die halfeindronde gemaak met Novak Djokovic, die wêreld se voorste manspeler.