Suid-Afrika se voorste vrouetennisspeler, Bella Kruger, het Dinsdag net 45 minute benodig om haar landgenoot Claire Jaramba in die eerste ronde van die Ilana Kloss International-toernooi in Pretoria te klop.
Die 17-jarige Kruger, 353ste op die wêreldranglys, het Jaramba, ’n uitgenooide speler, met 6-0, 6-0 afgeransel.
Haar teenstander in die tweede ronde sal die vierde gekeurde Lina Glushko van Israel (245ste op wêreldranglys) of nog ’n uitgenooide SA speler, Naledi Manyube, wees.