Marta Kostyuk van Oekraïne het haar eerste WTA-enkelspeltitel opgedra aan diegene wat te midde van Rusland se inval in haar vaderland “veg en sterf”.
Die 20-jarige Kostyuk het Sondag in die eindstryd van die eerste Austin-Ope die Rus Varvara Gracheva met 6-3, 7-5 geklop.
Sy het op die baan inmekaargesak en haar gesig met haar hande bedek nadat sy die titel beklink het, maar geweier om haar Russiese teenstander se hand by die net te skud.