Novak Djokovic, wat in Januarie aan die vooraand van die Australiese Ope uit Australië geskop is omdat hy nie aan die land se streng inentingsmaatreëls voldoen het nie, is op die inskrywingslys vir volgende maand se gesaghebbende Indian Wells-toernooi in Kalifornië.
Die 34-jarige Serwiër, wat nie ingeënt is nie, was in ’n visumsage van 11 dae betrokke, wat twee hofverskynings en vyf aande in ’n detensiehotel vir asielsoekers ingesluit het.
Djokovic het die Indian Wells-toernooi al vyf keer gewen. Indien hy vanjaar meeding, sluit hy hom aan by groot name soos Rafael Nadal, Daniil Medvedev, Alexander Zverev en Stefanos Tsitsipas onder die mededingers.