Die Spaanse tiener Carlos Alcaraz het Sondag die vierde titel in sy loopbaan gewen deur die agtste gekeurde Pablo Carreno Busta in die eindstryd van die Barcelona-Ope met 6-3, 6-2 te klop.
Alcaraz (18) het die sege behaal slegs ure ná sy uitmergelende halfeindstryd, wat met 'n dag weens reën uitgestel is.
Hy is dus van vandag (25 April 2022) die eerste 18-jarige onder die toptienspelers ter wêreld sedert sy landgenoot Rafael Nadal dit in 2005 vermag het.