Wanneer babas van ongeveer 18 maande oud, peuters en kleuters in ’n winkeltrollie sit en ’n persoon in ’n inkopiesentrum herken, moet so ’n persoon iemand besonders wees.
So ’n mens het waarlik gearriveer, veral as dit in Stellenbosch, die “sentrum van die Beterwetenskap”, die sogenaamde snobdorp, gebeur.
Die Eikestad het oor die jare heen dalk meer bekend geword vir musiek as vir sy akkerbome – voorwaar ’n musiekstad. Oor die jare heen het musici wat hier getoë is, oor die land heen in musiekkringe ’n rol gespeel.