Is die ideale van ’n volhoubare omgewing nog haalbaar te midde van die Covid-19-pandemie? Henning Viljoen het ’n antwoord op dié vraag gaan soek.
Daar is veral die afgelope twee dekades ’n hoë premie geplaas op die beginsel van volhoubaarheid.
Dié beginsel word tradisioneel beskou binne die konteks van die drievoudige lyn van mens, planeet en bestuur. Hierby kan nog ’n element gevoeg word, naamlik nalatenskap. Variasies daarvan, soos omgewing, gemeenskap en regering, figureer sterk in die moderne bedryfswese, veral in die sektor van internasionale beleggings.