Dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat Paul Mashatile adjunkpresident van die land gaan word. Maar wie is hy en wat gaan sy rol wees? Keith Gottschalk verduidelik.
Alles dui daarop dat Suid-Afrika ’n nuwe adjunkpresident gaan kry in die persoon van Paul Shipokosa Mashatile, adjunkpresident van die regerende ANC. Hy sal die huidige ampsbekleër, David Mabuza, vervang nadat dié aangekondig het hy gaan uittree.
Wie is Mashatile en wat bring hy na die amp?