Die regering se nuwe pensioenplanne sal bydra tot die versmoring van die ekonomie, skryf Martin van Staden en Gerhard van Onselen.
Suid-Afrikaanse belastingbetalers word weer voorgesê, natuurlik “vir ons eie beswil”, om nóg geld te oorhandig aan ’n staat wat na bewese korrup en onbevoeg is.
Indien die departement van maatskaplike ontwikkeling (DMO) sy sin kry, sal salaristrekkers verplig word om tot 12% van die eerste R276 000 van hul jaarlikse inkomste oor te betaal óf aan ’n private pensioenfonds óf ’n nuwe, sogenaamde Nasionale Fonds vir Maatskaplike Sekerheid.