Dit loop nou in die rigting van twee maande sedert die Russiese weermag Oekraïne op 24 Februarie binnegeval het. Waar staan sake nou? Lyk dit asof Rusland sy doelstellings gaan bereik? Leopold Scholtz probeer antwoorde vind.
As daar een saak is waaroor die meeste ontleders van die Oekraïense oorlog dit eens is, is dit dat Rusland verreweg nie die aanvanklike, uiters ambisieuse doel waarmee hy sy buurland binnegeval het, kon bereik nie. Trouens, hy moes sy doelstellings, al is dit dalk net tydelik, afwaarts aanpas.
Dis duidelik dat die antwoord in verskeie uiters belangrike Russiese foute gevind kan word.