Suid-Afrika het sy vryheid en demokrasie verkry met die hulp en ondersteuning van die familie van nasies oor die wêreld heen, insluitende Westerse demokrasieë.
’n Skamele drie dekades later verkies ons regering om neutraal te bly terwyl ’n soewereine lid van die familie van nasies se vryheid en demokrasie met ’n wrede militêre inval deur ’n lidland van die Verenigde Nasies vertrap word.
Ek het geen twyfel wat Nelson Mandela se reaksie hierop sou wees nie. Hy het 27 jaar in die tronk gesit weens sy stryd om vryheid en demokrasie vir sy mense te behaal en sou beslis sterk standpunt ingeneem het.