Miskien moet diegene wat aan die boodskappies en deuntjies en pannekoekies en sêgoedjies op RSG smul, kennis neem van die politieke aktivis Marcus Garvey en sy woorde ter harte neem: “You cannot grow beyond your thoughts. If your thoughts are those of a slave, you will remain a slave”.
Die mense in beheer van RSG moes eerder ’n geskikter keuse gemaak het in hul aanstellings, weg van die tydelike goedvoel-voorkeure, die oppervlakkige, beperkte gedagtes en “taal van die slaaf”, geskaaf deur die ontvlugting van skindertydskrifte wat net so deurgeblaai word, en die verdieping in die chick-flieks.
Buiten die geringskatting van hul luisteraars, moet hulle miskien ná deeglike marknavorsing poog om ’n radiostasie te word wat respek afdwing en die taal en gedagtes van ’n slaaf agterweë laat.