Jeannette Kriel, Bloemfontein, skryf:
Sondag 26 Februarie se Rapport staan meer as ses volbladsye aan sport af – dis gelykstaande aan 44 kolomme.
Hiervan word slegs tweederdes van een kolom gewy aan Suid-Afrika se Protea-vrouekrieketspan, wat die eindstryd van die T20-Wêreldbeker gehaal het.