In verband met “omstredenheid” oor die woord “Sedoos” (Jy op Facebook, 17.02) herinner ek graag aan hierdie gedig van Boerneef, uit sy bundel Op die flottina (1967):
“Hoe stil kan dit word as Sedoos gaan lê / wie kan dit mooier assie tortel sê / wie roerender assie bladstil bome / assie skewe verwaaide damwalbome / innie stil vroemôre as Sedoos gaan lê / hoe om ’n stilte in die hart te vind / genadig soos wanneer Sedoos gaan lê.”