Ek, en ek glo baie mede-inwoners van Dan Pienaar-Hillsboro, is beswaard oor die nuwe toring wat hier opgerig is.
Dié toring het skielik verrys in die onderste erf van Gilles van der Wallstraat.
Dit is ’n lelike gesig vir inwoners en doen afbreuk aan ons woonbuurt.