Ná ’n toer in Mei 2022 deur 14 dorpe in die Vrystaat en die Noord- en Wes-Kaap was die verval oral sigbaar. Begraafplase is in ’n skokkende toestand en strate vervalle. Daar is bedelaars oral waar ’n mens kom. Mense is duidelik baie arm.
Twee dorpies het egter teen die stroom geswem – Fraserburg en Orania. Baie duidelik het die ANC in Fraserburg en die mense in Orania die inwoners se belange eerste gestel, ongeag die politieke ideologieë.
Fraserburg se begraafplaas, korbeelhuis en museum is skoon en netjies. Munisipale werkers is aan die werk om paaie skoon te maak. Sakemense loof die burgemeester. Orania het in tien jaar baie verander en lyk soos ’n dorp met ’n opwaartse kurwe.