Dis nou al geruime tyd dat die daaglikse blokkiesraaisels in die koerant net hopeloos bo my vuurmaakplek geraak het.
Oor baie jare kon ek dit voltooi of ’n woord of drie kortkom, wat ek ook dan in meeste gevalle met behulp van twee goeie blokraaiwoordeboeke kon opspoor.
In my huishouding is Die Burger baie lank reeds ’n hooggewaardeerde kleinood wat ons nie net laat saampraat nie, maar wat ook in die tydverdryf-behoeftes voorsien as die pensioenlewe skielik vir ’n mens ’n werklikheid geword het.