Ek is 61 jaar oud, lees wyd, ook elke dag die koerant. Ek skryf drie grade agter my naam. Ek kon nog nooit vat aan RSG kry nie. Sowat van swaar gesprekke, oor en oor uitmekaartrek van onderwerpe, ’n goeie skeut pretensie en gebrek aan musiek het my nie aangestaan nie. Ek het maar altyd streekradiostasies geluister. Dalk moet ek RSG weer probeer nou ná die veranderinge? – Elize, Mosselbaai
As die nuwe grapmakers op RSG ophou vir hul eie grappe lag, sal die stilte van afgeskakelde radio’s hul tref. – Schalk, George
Het die WP dan nie “talentsoekers” by die Varsitybeker nie? Weer eens het hulle ’n belowende losskakel, die Matie Nevaldo Fleurs, soos destyds met Chris Smit, deur hul vingers laat glip. – Skrik wakker, Wes-Kaap