Heita! Ek voel om op eg Suid-Afrikaanse manier komplimente te stuur aan pres. Cyril Ramaphosa, wie se “stadige gif”-benadering ons weer verlede week suksesvol in aksie kon sien.
Hoewel ek steeds nie ’n groot aanhanger van die president is nie, behoort ’n mens jou hoed te lig vir hom wat, soos die skaakmeester Garry Kasparof, die speelveld planmatig onder sy opponente se pionne uitpluk.
Verlede week is berig oor die uitkoms van twee perifere dog kritieke veldslae vir die president.