Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat die meeste van ons besef.
Die pad- en spoornetwerk word nie in stand gehou nie en is vervalle. Die SAL is sonder geld. Die polisie is korrup en onbetroubaar. Die weermag se toerusting word nie in stand gehou nie en staan ondiensbaar as gevolg van swak vakmanskap en wanbesteding van die begroting.
Munisipaliteite kan nie dienste lewer nie. Rioolstelsels is besig om in te gee. Eskom beplan vir fase 9-beurtkrag. Gesondheidsdienste is nie op peil nie. Die regering neem swak besluite of sukkel om enige besluite te neem.