Ek is ’n Afrikaner met my wortels op Vrystaatse plase, ’n nasaat van Voortrekkers en Boerekrygers. Elke keer as ek van ’n plaasaanval hoor, rebelleer my gene en voel ek kwaad en neerslagtig.
Maar dit is nou 2017. Ek is ’n ingeligte, denkende mens met die vermoë om die geskiedenis en die omgewing waarin ek leef te ontleed en te verstaan.
Ek is in staat om my oerinstinkte met feitgegronde rede te oorkom en uit te werk waar ek en my etniese groep in die groter nasie inpas.