Rassisme – en sy boeties, haat-spraak en vooroordeel – is ’n gevaarlike verskynsel wat nie sterk genoeg afgekeur kan word nie.
Veral in ’n land soos Suid-Afrika, waar ras helaas steeds ’n belangrike maatstaf vir die bepaling van identiteit is, is dit des te meer die geval.
Maar wanneer jy rassisme veroordeel, moet jy versigtig wees, want die kwessie kan maklik in jou gesig ontplof. Jy wil hê mense moet verdraagsamer wees teenoor “die ander” (hoe jy hulle ook al wil definieer), nie dat hulle nog erger te kere moet gaan nie.