“Ek is al van Niewejaa af lus vi KFC.”
Nana is nog op haa New Year’s resolution diet, maa venaan se load-shedding van sesuur tot tienuur gie haa ’n kwaai kaat om junk food te koep. “Daa issie tyd om supper te maakie.” Sê sy. Sy vra my om ’n Uber te order soedat sy KFC en ’n bietjie “something-for-nothing” (haa code vi wyn) kan gan koep.
Ôs staan agte innie restaurant queue, wat venaan soe lank is it strek regyt narie petrolstasie langsaan. Nana stiek ’n entjie an, ashes oo allie non-smoking signs. Ek sê sy moet haa sigaret doodmaak, die plek is flammable, maa sy weier. “Is Ash Wednesday, die perfect dag om op te explode, want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” Sy lag ytspatlik hard vi haa eie joke en vat nog ’n trekkie. ’n Kar by een vannie petrolpompies hoot en ’n man met ’n wit collar an, stiek sy kop byrie venster yt. “Suster, ek het gedink daai’s jou lag.” Nana hou haa entjie agte haa rug, “Hallo Father”. Sy en haa pastoor skrie groete vi mekaa, maa hy sê is lielik om soe hard in publiek te praat, hy gan sy kar park en vi haa ordentlik kô groet.