Ek lees onlangs van ’n raaiselagtige brief wat ná 125 jaar in ’n koorbankie gevind is tydens restourasiewerk in Sunderland, ’n hawestad in die noorde van Engeland.
Die nota is geskribbel op die keersy van ’n preek en weggesteek tussen twee metaalplate in die koorbank.
Classicfm.com berig dat ’n navorser van familiegeskiedenisse verder gaan delf en die eienaar opgespoor het deur geskrewe dokumente en sensusgegewens na te gaan.