In ’n onlangse episode van The Daily Friend Show (besoek hul webblad om na die uitsendings te luister) het my kollega Marius Roodt die gelykenis van die idioot vertel.
Dit is die sprekende gelykenis waarmee die rassenasionalistiese opswepery in ons hoofstroommedia en onder politici verduidelik en teengestaan kan word.
Die gelykenis lui soos volg: As ’n mens in jou daaglikse omgang honderd mense ontmoet waarvan een ’n idioot is, het jy ’n idioot ontmoet. Maar as jy vandag honderd mense ontmoet waarvan álmal idiote is, is jy die idioot.