Min mense besef dat die ou Nasionale Party aan 20 algemene verkiesings deelgeneem het, maar in slegs sewe meer as 50% van die stemme op hom kon verenig.
Tog heers die algemene wanopvatting dat nasionalistiese politiek ’n eeu reeds die verstekkeuse vir Afrikaners is.
Die NP kon dit regkry om ’n halfeeu lank die valsheid te predik dat ons almal maar Afrikanernasionaliste in ons harte is.