Mooi loop, ons Meester; jou stories bly leef

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Charles Smith
Charles Smith

My maag het ’n draai gegee toe ek die week in Cash Crusaders ’n stel ou tromstokkies op ’n rak sien lê. Met ’n rat-tat-tat-trrr-tik-tik is ek 40 jaar terug geruk na tye van onskuld, avontuur en waansin.

Na ’n handjievol wit Afrikaner-kinders in ’n klein, wit skoolgebou in die rowwe 1980’s in ’n klein, stowwerige dorp in die groot, leë Suid-Vrystaat. En een ou wat gehelp het dat ons heeltemal handuit ruk of kop verloor: Meester Blaar. Blaar Grobler was nie regtig ’n onnie nie. Hy was ’n ou wat alles kon doen. Koorleier, ruggas (wel, soort van) en hekkies afrig, stories vertel, maar meestal die maker van stories, en kadette. Die kadetorkes was sy spesialiteit. Hy kon latte wat g’n noot kon hou nie, tot beuelblasers en tromslaners timmer.

Daar staan ons pouse in sy deurmekaar kantoor vol ongemerkte Engelse boeke en raps die tromme met die stokkies: Rat-tat-tat-trrrrr-tsiek-prrrr-tjak-tetak. Pêre met vrypuisies en meisies met rosige wange blaas die beuels en die trompette. Pâw-pâw-pâw. ’n Orkes word gevorm. Raserig en valserig, maar trots en regop. Blaar se geraasmakers. Dik Steyn wat die basdrom looi en Tobias wat dit op die sytamboer uitkap. Bossie op beuel met sy kop wat blou opswel soos ’n skaap met dikkop.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.97
-0.9%
Rand - Pond
20.59
-0.6%
Rand - Euro
17.37
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.23
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.4%
Goud
1,786.64
-0.3%
Silwer
23.94
-1.0%
Palladium
1,994.00
-0.8%
Platinum
1,019.16
-1.3%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,797
-0.5%
Alle aandele
67,494
-0.4%
Hulpbronne 10
63,048
-1.1%
Industriële 25
87,148
-0.2%
Finansiële 15
14,043
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos