Is wynag dat ek Kaap toe kom. Assit twie kee in een jaa gebee, issit baie. Ek was onlangs daa, en die kee wassit bietjie different as gewoonlik. As jy lank genoeg inne klein dorpie bly, vegiet jy jy bly inne klein dorpie. Jy lee die rhythm vannie plek, en jy anvaar die limitations inherent in klein dorpie life. Dan kom jy Kaap toe en besef wee van vooraf allie goed wat jy moes lee om sône te liewe. As jy winkel toe gan hoef jy nie altyd dieselle vyf goed te koepie, jy’t choices. As jy soe inclined is, is daa plekke om te gan visit. Om inne klein dorpie te bly, voel soms soes om inne klein shopping mall te bly, jy gan PNA toe dan gan jy Musica toe en dan is daa niks mee om vêder te sien tot môre wanne jy wee dieselle ding doenie. Elke kee as ek inne kar klim innie Kaap, skrik ek vi hoe lank it vat om van een plek narie anne te gan, wan ek het gewoon geraak an alles wat vyf miniete ytmekaa is, dai’s hoe klein ôs plek is.
Die Kaap is nog altyd groot, maa wat annes was die laaste wat ek daa was, is dattit gevoel et asof allie mense gekrimp et. It het my heeltyd gepla, hoe moeg ammel lyk. It was asof daa ’n duotone camera filter oo alles was. Ammel was meer agitated as gewoonlik. Jy moet wiet it isse problem as ekkie mees upbeat en enthusiastic pesoon is in ienagge plek waa ek gan. Die laaste wat ek kan onthou wat ek soe ’n experience gehad et, was toe ek stanned 9 was en ek moes vi some reason truggan na my primary skool toe. Ek dink ek moes my sustetjie byrie skool gan hal. Maa toe voel die klein skooltjie unreal vi my. Soese Lilliputian skool en ek was Gulliver. Ennie teachers het vi my gelyk soes klein teachers. Die difference tussen ie primary school teachers en my high school teachers wassie difference tussen dai mini Fizzers enne original Fizzer. Ek kon nog nooit ytwêk hoekom ek daityd soe gevoel et ie, en ek kannie ytwêk hoekom ek soe gevoel et oorie Kaap ie.
En ek hoep die klink ie neerhalend of smug ie. Wan is waa, ek dislike ampe alles omtrent ie Kaap, en most of all die mense. Wat incredibly superficial en phony kan wies as hulle tyd het – en hulle het altyd tyd. Maa it is nog altyd ’n plek wat ek wil hê moet prosper, wan my familie is daa en ek sal oek altyd voel ek is van daa. Soe, ek wens ieman wil my antwood, hoekom lykie Kaap soe moeg? Ek dinkie it kan net wies oorie corrupt politics ennie general mismanagement van alles ie. Wan orals is soe. En as jy inne klein dorpie bly, is corruption en mismanagement ie bugs ie, it’s features. Hie by ôs issie krag af, dan issit ie ees load shedding ie. Ennie wate bly permie af, of undrinkable. Al wat ek kan dink wat nou annes is annie Kaap, is dat die middelklas nou begin voel wattie arm mense allie tyd gevoel et. Ek dink poverty is biesag om te spread, soese pandemic. Ek dink soe, wan dai is presies hoe ammel vi my gelyk et, soes mense wat sukkel. Soes mense wie se gedagtes biesag is tewyl hulle met jou praat. En ek dink miskien wattit worse maak, is dai lang commutes op dai congested paaie. Ôs het net ytie Kaap getrek daityd wattie traffic soe insane begin raak it. Is iets wat ôs nooit moes gewoond raak annie. Maa elke kee as ek innie Kaap is, en ek gan net winkel toe, dan sit ek saam ’n driver wat lyk asof hulle alles doen om nie in trane yt te bas ie. Elke kee sit ek agte innie back seat, en dink, die isse baie lang tyd om te moet sit en dink an hoe dinge agte yt gan. Iets wat ek jare geliede besef et, is dat wanne dinge vekeed gan, moet jy nie stilsit en dinkie, jy moet anhou beweeg. En dai het impossible gewôd om te doen innie Kaap.