Niemand kan die erns van armoede onderskat nie. Selfs voor die vernietiging van die ekonomie deur Covid-19 en die massiewe plundering en korrupsie was daar ongekende armoede in Suid-Afrika.
Ek staan eenkeer by ’n vrou in een van die informele gebiede om Bloemfontein. Sy het net ’n bordjie pap om te eet. Dit eet sy met water. Daar is geen melk nie. Dit is my kos vir die dag, sê sy. Amper niks om te eet nie.
Werkloosheid in Suid-Afrika is so hoog soos 40%; onder die jeug selfs 66.5%. Die armoede-indeks is so hoog soos 55.5%. Sodanige armoede het al in die verlede tot groot onrus gelei.