Twintig jaar gelede het Zimbabwe se brutale konfiskering van landbougrond begin.
Op 17 Januarie 2000 het ses sogenaamde oorlogsveterane die plaas van Alan Stockhill in die Masvingo-distrik betree en saam met 40 families gedreig om in te trek. Dit was die eerste plaasbesetting in Zimbabwe en sou die toon aangee vir die tragedie wat sou volg.
Teen Maart 2000 is meer as 150 plase oor Zimbabwe heen reeds deur “oorlogsveterane” ingeval en beset. Op 24 Julie 2001 is ’n bejaarde boer, Ralph Corbett, dood nadat hy op sy plaas in die distrik Kwekwe aangerand is. Hy was die negende wit boer wat gesterf het sedert die grondbesettings begin het.