Suid-Afrika word deur ’n toetskrieket-droogte in die gesig gestaar en daar is net mooi boggerol wat enigiemand daaraan kan doen, skryf Tinus van Staden.
As Gerald Coetzee – die Proteas se nuwe ster-bouler – 50 toetse speel, gaan hy 450 paaltjies plattrek, skryf ’n Protea-ondersteuner onlangs op Twitter.
“Ons sal hom goed moet bestuur as hy ’n loopbaan van 25 jaar wil hê,” kap iemand terug. Tong-in-die-kies, natuurlik. Erg hiperbolies. Niemand verwag dat Krieket Suid-Afrika enige speler goed kan bestuur nie!