Terwyl ons saam middagete eet, vertel my vriend Roedolf Botha van ’n wonderlike inisiatief van sy gemeente en ’n ander gemeente in Pretoria.
Hulle het onlangs besluit om meer as 40 lidmate van ’n kerk in Tembisa uit te nooi na ’n rugbywedstryd van die Bulle op Loftus. Ook het hulle besluit om in Maart saam na ’n sokkerwedstryd te gaan kyk.
Roedolf sê verder een van die gemeentelede van Tembisa het ná die Loftus-wedstryd aan sy pastoor gesê hy het nou weer hoop vir die land. Hy was moedeloos met wit mense se gesindheid, maar nou kom hy agter hoe opreg en aangenaam daardie groep Afrikaanse gelowiges is saam met wie hy op Loftus gekuier het.