Dagboek vir Metro Beeld-Suid

Leah is op van 8 tot 12 September in Dis ’n sirkus by die Carnival City-casino.
Leah is op van 8 tot 12 September in Dis ’n sirkus by die Carnival City-casino.

Johannesburg

  • 1 September: Jazz on the Lake vind by die Dieretuinmeer in Parkview plaas. Van 10:00 tot 17:00. Toegang is gratis.
  • 1 September: Vier die lente met Richard Cock, die Johannesburg Festival Orchestra en die pianis Charl du Plessis in hul Lentekonsert by die Linder-ouditorium in Parktown. Werke van onder andere Vivaldi en Strauss. Kaartjies wissel tussen R160 en R330. Bespreek by Computicket. Dit begin om 15:00.
  • 1 September: Adv. Frans Rautenbach, ’n bekende figuur in arbeidsregkringe, praat by die NHN se byeenkoms oor hoe om Suid-Afrika te laat werk. Die praatjie behels die metodiek, aksies, probleme en vordering in die land. Die byeenkoms is om 09:30 by die MBA-konferensiesentrum in Midrand. Bel Johan Talma by 083 556 8711 vir meer inligting.

Oos-Rand

  • 21 Augustus: Kruip weg! Mike Bolhuis besoek Springs. Die private ondersoeker sal om 18:30 vir 19:00 by die Hoër Tegniese Skool Springs se koshuis wees. Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n ete in. Bel Herman by 083 325 6919 of Hannes by 082 806 6468.
  • 6-8 September: Verbeel jou jy dans saam met die musiek van bekendes soos Kurt Darren, Jay, Leah, Refentse en Adam Tas terwyl sweefstokartieste bo jou kop vlieg of motorfietsryers waaghalsige truuks uitvoer. Maak jouself reg vir dié tipe aksie by Dis ’n sirkus by die Big Top Arena van die Carnival City-casino in Brakpan. Die casino vier sy 20ste verjaardag. Die vertonings is op Vrydag en Saterdag om 20:00 en op Sondag om 15:00. Kaartjies kos R160 per persoon by Computicket.

Vaaldriehoek

  • 31 Augustus: Trek jou 80’s-uitrusting aan en maak jouself reg vir ’n groot partytjie by die Barnyard-teater in Vereeniging. ’n Bekwame orkes speel die musiek van Bon Jovi en kunstenaars soos Annie Lennox, Queen, Tina Turner en AC/DC. Kaartjies kos R120 per persoon. Dit begin 20:00. Skakel 016 454 8388 of besoek barnyardvereeniging.co.za vir meer inligting.
  • 12 September: The Parlotones tree om 20:00 by die Barnyard-teater in Vereeniging op. Kaartjies kos R230 per persoon. Kry jou kaartjie voor dit uitverkoop by barnyardvereeniging.co.za

Wes-Rand

  • Tot 1 September: See My Garden Grow, Garden World se lentefees, is volstoom aan die gang. Kry idees vir jou tuin by die ontwerperstuine. Garden World is in Muldersdrift.
  • 23-25 Augustus: Die Magalies Rocks The Cradle-fees vind in Magaliesburg en die omliggende omgewing plaas. Dié geleentheid is omtrent ’n fees met ’n verskil, met hordes aktiwiteite, buitelugvertonings, stalletjies, werksessies en toere. Besoek magaliesrocksthecraddle.co.za of Facebook vir die volledige program.
  • 24 Augustus: Wou jy nog altyd ’n vertikale tuin maak? ’n Slypskool vind van 09:30 tot 12:30 by Garden World in Muldersdrift plaas. Met John Sauer. Dit kos R350 per persoon en sluit al die produkte en plante in. Skakel 011 957 2047 vir meer.
  • 12 September: Groet die Grotman 2 is om 20:00 in die Barnyard-teater by die Silverstar-casino op die planke. Dis 20 jaar ná die eerste Groet die Grotman-klug. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud . . . of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine vir sosiale media verruil. Met Wynand van Vollenstee. Bespreek jou plek teen R180 by barnyardtheatre.co.za.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 20/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 24/2
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.5%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,778.34
+0.5%
Silwer
23.93
+1.1%
Palladium
2,099.88
-0.2%
Platinum
1,046.51
+0.3%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.5%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos