Nuwe boetiekhotel op Langebaan opgeveil

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die lieflike uitsig op die swembad-area, waar gaste kan ontspan en die son indrink. Foto: Rawson
Die lieflike uitsig op die swembad-area, waar gaste kan ontspan en die son indrink. Foto: Rawson
Foto: Rawson

’n Lieflike vyfster-boetiekhotel en spa op Langebaan met 18 en suite-kamers en met alle meubels (volledige inventaris op versoek beskikbaar) word eersdaags deur Rawson Auctions Wes-Kaap opgeveil.

Met die heel gepaste naam Langebaan Boutique Hotel & Spa is dié eiendom – wat oor 2,15 ha strek – uitsonderlik met sy moderne estetiese en gestileerde argitektuur wat verwag word van vyfster-instansies in gewilde toeristedorpe soos Langebaan. Dit is foutloos afgewerk en bied wonderlike kontemporêr ontwerpte kamers.

Die eiendom bestaan uit die hotel met ’n lieflike ingangsportaal en ontvangsgedeelte, ’n volledige boetiek-spa, 18 kamers met en suite-badkamers en lugversorging – party van die kamers het ’n private ingang en ’n patio met ’n lieflike uitsig oor Langebaan – ’n kroeg met ’n onthaalruimte en potspeltafel, ’n restaurant waar 50 mense kan aansit, ’n volledig toegeruste kombuis, ’n konferensie-trou-venue wat tot 300 mense kan huisves en ook twee gastebadkamers. Buite is ’n ontwerperstuin – met ’n speelarea vir kinders – wat deur ’n boorgat op die perseel besproei word. Dan is daar ook die swembad-area met ’n dek, ’n boma en braaiarea en veilige parkeerplek vir 40 voertuie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.76
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos