.

Buffels in stad versaak

akkreditasie
Die buffels in die Bloemfonteinse dieretuin.Foto: Argief
Die buffels in die Bloemfonteinse dieretuin.Foto: Argief

Ondanks ’n aanbod van gratis hulp om die diere te verskuif, staan 11 buffels steeds op byna kaal grond in kampe in die Bloemfonteinse dieretuin, wat maande gelede gesluit is.

Prof. H.O. de Waal, dierevoeding-kenner, het aangebied om sonder vergoeding te help om die diere in ’n goeie kondisie te kry en te verskuif. Niemand van die Mangaung-metro het al met hom kontak gemaak nie.

Hy sê dit is ’n skande dat dié buffels, wat agtergebly het nadat die dieretuin gesluit is, nog nie verskuif is na ’n plek waar hulle vryelik kan rondbeweeg nie.

“Daar is ’n kudde buffels op Tussen-die-Riviere tussen die Caledon- en Oranjerivier naby Bethulie. As die buffels siektevry is, sal hulle maklik daar inskakel. Die diere moet getoets word sodat hulle verskuif kan word.

“Dit is ’n skande en oneties dat hulle 20 maande ná die sluiting van die dieretuin steeds in kampe aangehou word waar geen gras is nie. Buffels is die mees tipiese herkouer, meer as beeste.”

Hulle het baie gras nodig.

“Daar moet daagliks 10 kg gras of lusern per kop wees vir die buffels en oulandsgrashooi daarby. Dit is nie moeilik om te verstaan nie.”

De Waal verstaan dat die buffels eers vir onder meer tuberkulose, korridorsiekte en brusellose getoets moet word. Bloed moet getrek word, en maande later weer, voordat ’n klaringsertifikaat gekry kan word om hulle te verskuif. Dit is waarom hulle moes agterbly.

“My aanbod van gratis hulp staan steeds.”

Zaandré Campher, DA-raadslid van die sentrale middestad waaronder die dieretuin val, sê volgens inligting is die buffels verkoop voordat die dieretuin gesluit het, en hy probeer al twee jaar saam met ondersoekers agter die kap van die byl kom.

“Of die munisipaliteit sy geld gekry het en indien wel, wat met die geld gebeur het, weet ek nie.

“Die koper het nie self grond nie en het net ’n vriendin of vriend met grond, blyk uit ons onder­soeke.”

Hy sê die probleem is dat die departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea) die metro se permitte weggevat het om die diere te mag aanhou. Mense wat die diere aanhou, moet permitte hê, asook diegene wat dit koop en daar moet ’n permit wees om dit te mag vervoer.

“Vir my lyk dit asof die hele kwessie vashaak by die departement wat die dieretuin kom sluit het. Dit kan ook wees dat hulle moontlik nie goed nagespeur het wat die omstandighede is van die koper nie. Dit lyk meer asof die trop vir jagdoeleindes gekoop is as om die diere te beskerm.”

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Bloemfonteinse Diere­beskermingsvereniging (DBV), sê haar inspekteur gaan daagliks kyk of die buffels genoeg voer het.

“Ek het self die buffels verlede week gesien en hulle lyk in ’n bevredigende toestand.”

Sy sê die R150 000 wat sy ingesamel het om die buffels te verskuif, is nog beskikbaar.

“Ons het reeds entstof gekoop wat toegedien kan word as die buffels verskuif moet word.”

Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie aan die metro, sê hy het vrae aan die hoof van die departement van maatskaplike dienste van die metro gestuur, maar weet nie hoe gou antwoorde beskikbaar gaan wees nie.

Tiisetso Makhele, waarnemende hoof van kommunikasie van Destea, het bevestig die buffels is steeds in hul sorg, asook dié van die DBV. Dit sal die geval bly totdat ’n nuwe besluit geneem word. Hy ontken dat die buffels reeds verkoop is.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos